
Your guide to Heidelberg Gauteng

#Dr AG Visser House
Heritage Blue Plaque #Nr 68
DR AG VISSER HOUSE - Cnr of Van der Westhuizen and HF Verwoerd Streets
What is the story here?
Built in 1890. Where he practised as a doctor from 1916 to 1929. Well known poet, writing most of his poems in Heidelberg. In 1918 he was made honourable member of the “Afrikaanse Kultuur an Taalvereeniging” The house used to be a museum exhibiting his personal items as well as cultural and church items previously exhibited in the Klip Kerk’s basement. The house has since been vandalised and the exhibits stolen. Remgro, who donated the house to the local Municipailty, have taken back the house by an order of the court.
Article from the 7th December 2022 edition of the “Heidelberg Heraut” written by Eugene Viljoen.
Op 2 Desember het Tony Burisch van die “Heidelberg Heritage Association” die nuutste blou plaatjie vir geskiedkundige huise aan AG Visser se woning onthul.
Die huis is in 1890 gebou vir die destydse mynkommesaris in Heidelberg. Piet Retief Viljoen was een van die mynkommesarisse in Heidelberg gewees.
Dr Andries Gerhardus Visser het diep spore in Suid Afrika en Heidelberg gelos. AG Visser was ‘n onderwyser, dokter en welbekende digter gewees. AG Visser was op 1 Maart, 1878 in Fraserburg op die plaas Zaaifontein in die Noord Kaap area in n tent onder ‘n peerboom gebore. Visser se ouers was Andreas Gerhardus Visser en Martha Engela Elizabeth (Rossouw) Visser. In 1891 het Visser skool gegaan by die Hugenote-gedenkskool in Dal Josafat, Paarl, saam met nóg twee bekende Afrikaanse digters, naamlik J.D. du Toit (of beter bekend as Totius) en D.F. Malherbe. In 1896 slaag Visser matriek by die Normaalkollege in Kaapstad.
Hy voltooi ook sy onderwys eksamen (toe genoem “die eksamen”) en word ’n onderwyser en later as skoolhoof op Carnarvon in die Noord Kaap.
Gedurende die Anglo-Boereoorlog, wat vanaf 1899 tot 1902 gewoed het, het Visser sterk uitsprake teen die Britte gemaak. In daardie jare was die Kaapkolonie, waar Visser gewoon het, onder beheer van Brittanje. Hy is deur die dorp se kommandant in hegtenis geneem en vir ’n tyd lank tronk toe gestuur!
Na sy vrylating was hy gedwing om uit sy onderwys pos te bedank. In September 1901 verlaat A.G. Visser die Kaapkolonie en gaan Skotland toe. Hier studeer hy medies in die Skotse hoofstad, Edinburgh, by die Universiteit van Edinburgh. Na voltooiing sy studies keer Visser Suid Afrika toe in 1906. Visser begin sy mediese praktyk in Carnarvon waar hy aanbly tot 1909. Daarna trek Visser Steytlerville area, Oos Kaap toe. Hy ontmoet vir Laetitia Fransina (Lettie) Conradie, ’n 20-jarige onderwyser. Hulle word in die eg verbind in 1913. Visser werk as ‘n dokter in Steytlerville vir sewe jaar. In 1916 trek Visser en Lettie Heidelberg toe.
Die Visser egpaar het drie kinders gehad, Andries Gerhardus Visser (Februarie 24, 1915), Anna Francina (De Jongh) Visser (Maart 28, 1918) en Willem Johannes Conradie Visser (Januarie 16,1920).
Lettie sterf op 3 Februarie, 1920. In 1923 ontmoet Visser vir Martha Maria (Marie) de Villiers (23) toe haar oupa, Japie Helpmekaar, haar aan Visser voorgestel het. Op 4 Julie, 1927 tree Visser vir die tweede keer in die huwelik.
AG Visser was goed bevriend met Digter en skrywer Eugene N Marais. Marais het Visser oortuig om digkuns te beoefen en dit het vrugte afgewerp. Visser het twee Hertzog toekennings ontvang vir sy digkuns. Visser was ere- voorsitter van die Heidelbergse Afrikaanse Taal en Kultuur vereniging. In 1918 was Visser ‘n lid van die stadsraad ook gewees.
Visser is op 10 Junie 1929 oorlede met ‘n hartaanval. Hy is begrawe langs sy eerste vrou Lettie in die Heiderlberg Kloof begrafplaas. AG Visser se ouers se grafte kan gevind word op die Blaauwkrantz, naby Carnarvon, Noord Kaap.
Die borg vir die blou plaatjie is Nico and Louisa van Huyssteen. Eienaars van Hunters in Heidelberg. Die van Huyssteen’s woon al 25 jaar lank in Heidelberg.
AG VISSER HOUSE
Because of his passion for the Afrikaans culture, he was made honourable member of the “Afrikanse Kultuur en Taalvereeniging” in 1918. The Visser house was the cultural centre of the town, where musicians performed and deep conversations regarding art and culture were debated. The house was declared a national monument.
A bust of Dr G Visser stands in the garden.
Andries Gerhardus Visser was born on 1 March, 1878 on the farm Zaaifontein, in the district of Fraserberg, South Africa. He attended the Huguenot memorial school in the cape province and later the Normaal college in Cape Town where he studied education. In April 1901, Visser was arrested for voicing support for the northern provinces such as the South African Republic and the Orange Free State in their struggle against the British. Visser later left teaching and enrolled at Edinburgh college in Scotland to study medicine.
In 1918, he became a member of the Heidelberg Afrikaans and Theater association as well as a member of the city council. Visser is considered quite important in the development of the Afrikaans language through his poetry, which was considered to be playful and satirical especially towards the Afrikaaner sense of decorum. While he is not considered as being part of the first of the Afrikaans movement, it is generally considered that his words are considered the last notable works of Afrikaans authors who lived before 1930.
Visser passed away on 10 June 1929 after suffering a heart attack. He is buried next to his first wife, the love of his life and the subject of one of his most famous poems title “Laetitia”.
Interesting is that Danie Steenkamp and Mr Faan Botha (A previous mayor) also had also lived in this house at a time.
(Source: Tony Burisch)
A.G. Visserhuis weer plek van genesing
Die organisasie “Historical Homes of South Africa” het in samewerking met die Remgro Groep van Dr. Johan Rupert die herstel van een van die bekendste bakens in Heidelberg naamlik die A.G. Visserhuis gedoen en voltooi.
Die huis is gerestoureer so na moontlik aan die oorspronlike huis wat oorspronlik in 1890 gebou was, die huis was die woning en spreekamer van Dr AG Visser vanaf 1916 tot sy skielike dood in 1929.
Die beplanning het ’n klein museum en spreekkamers vir 2 geneeshere, ’n fisioterapeut en arbeidsterapeut in die huis en die buitegeboue ingesluit. Hierdie was ‘n baie goeie besluit wat ‘n boutique hotel, kiosk koffie winkel gekeer het wat as ‘n alternatief voorgestel was.
Wyle Dr Anton Rupert was een van Dr AG Visser se pasiënte en ook vriend daarom is daar die belangstelling van die Remgro Groep gewees en dat die gebou as ‘n bakermat van Heidelberg behoue gebly het en ook nou gebruik word as ‘n huis van genesing soos oorspronklik.
Die bouwerk is deur Carlos dos Santos kontruksie gedoen in samewerking met Charles van Breda as die argitek, Nico van Huyssteen het hierdie projek geidentifiseer as lid van die Heidelberg Besigheidskamer en daarmee volgehou tot voltooiing daarvan.
Hy het selfs die Drs wat tans in die gebou praktiseer genader en die kontrakte tesame met Pieter Kotze van die Historiese Huise van Suid Afrika laat onderteken.
(Souce: Nico van Huyssteen)

























