top of page

#Heidelberg Konsentrasie Kamp

Heritage Blue Plaque #Nr 72

HEIDELBERG CONCENTRATION CAMP - Corner of Makapan Straat and Sudwala Street Heidelberg Mall

Take me there NOW!.png

What is the story here?

In die oorspronklike kamp in 1901 was daar sowat 1 200 mense. Daarna het dit verminder tot 1 000 tot die einde van die Anglo-Boereoorlog. Die meeste van die vroue en kinders was toe na kampe in die Natal streek gestuur. By die hoof konsentrasiekamp was daar in die begin ongeveer 80 modderhutte en Britse tente wat die kamp gevorm het. Die konsentrasiekampe was gestig gedurende die Tweede AngloBoereoorlog om families te huisves wat deur die Britse regering gedwing was om hul plase te verlaat.

HEIDELBERG – Op Jeugdag, 16 Junie het Tony Burisch van die Heidelberg Erfenis Assosiasie die nuutste Blou Plaatjie vir Erfenis onthul. Dit is no 78 in die reeks van erfenis gedenk onthullings. Die Blou Plaatjie is toegeken aan die hoof konsentrasiekamp in Heidelberg, wat net agter die Heidelberg Winkelsentrum geleë is. 
Die ander konsentrasiekampe in Heidelberg was geleë waar die weermagbasis vandag staan, en ‘n derde een aan die suid-westelike kant van Heidelberg. Volgens inligting was konsentrasiekampe opgerig in 1900.

 

Dit het bekend gestaan as die verskroeide aarde beleid. Die families was gedwing om op tye in haglike omstandighede te lewe en daar was baie siektes wat in die kampe geheers het, sonder noemenswaardige mediese hulp. Daar was ook nie genoeg tente vir die nuwe inwoners nie. Kos was skraps en die mense in die konsentrasiekampe moes self sien klaarkom wanneer hulle nie kos gekry het nie. In die begin het die kinders tuis onderrig ontvang maar soos die tyd aangestap het, het ‘n skool in die kampe in 1901 ontstaan. Daar was sewe onderwysers en 300 kinders. 


Die skool was toe gehuisves in die Gereformeerde kerk in Heidelberg dorpsarea. Daar is aangeteken dat daar oor die 500 sterftes in Heidelberg se konsentrasiekampe was. Die meerderheid sterftes was kinders onder die ouderdom van 15 jaar. Die konsentrasiekampe was ook opgedeel in blank en swart kampe. Die kamp was op 25 Oktober 1902 opgeskort. 


Die bestuurder in beheer van die konsentrasiekampe was ook ‘n inwoner van Heidelberg, Luitenant Arnold Allison. Allison was met ‘n boervrou getroud. Allison was verbind aan die Verkenners Korps, en was simpatiek teenoor die boere. Een van die gaste by die onthulling, Lorraine McGregor se familie was in die konsentrasiekamp. Nonnie van Wyk is een van die afstammelinge van die Jacobs gesinne wat groot naam in Heidelberg gemaak het. Die borg van die Blou Plaatjie was die Suikerbos Voortrekker Kommando.


(Comment by Tony: This area was first pointed out to me by Chris Turner in January of 2023. He had discovered the foundations of the mud huts when he was metal detecting the area in 2000.
One can clearly see the 3 rows of the foundations of the mud huts with the mountains in the back, when comparing the picture that was taken at the time.)

Article in the 26th June 2024 edition of the “Heidelberg Heraut” by Eugene Viljoen

bottom of page