top of page
482199526_1145755207344291_6000586737987690980_n_edited.jpg

#Oom Paul's Fountain

Heritage Blue Plaque #Nr 74

OOM PAUL'S FOUNTAIN - Cnr Fenter and HF Verwoerd Streets

Take me there NOW!.png

What is the story here?

Eenheid Suikerbos se voorsitter Frik van Niekerk tesame met verskeie lede van die eenheid, Voortrekkers asook die gemeenskap was byderhand met die onthulling van die Bakoond as ‘n erfenisbaken in Heidelberg. Geskiedenis oor die Bakoond strek terug na voor die Anglo Boere Oorlog toe President Paul Kruger die Kloofspruit se water, wat deur Heidelberg loop, wou beskerm teen diere asook vandalisme deur Britse troepe in die area. Die spruit het bekend gestaan as Oom Paul se Fontein. Op dié stadium was die spruit die enigste water toevoer tot Heidelberg. 

HEIDELBERG – Tony Burisch van die Heidelberg Heritage Association het op 17 November 2023 die nuutste blou plaatjie vir erfenis aan die Bakoond geskenk. Die borg vir die Bakoond se plaatjie toekenning is die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging, Eenheid Suikerbos. 


Daar is stories dat die boere bang was dat die water vergiftig sou word en daar was toe besluit om die water te verberg en weg te steek van die Britse troepe. ‘n Bakoond was oor die spruit gebou. 
Ander stories is dat die bakoond gebou was om die water teen die diere te beskerm. Die water wat deur die dorp loop het hoop gesimboliseer. Daar loop vandag nog steeds water deur die Bakoond, in die spruit. 
Die Bakoond of Oom Paul se Spruit het in die 1970s platgeval maar was weer oorgebou om as gedenkmonument vir die toekoms behoue te bly. 


Frik van Niekerk het vir Tony Burich van Heidelberg Heritage Association bedank vir alles wat die vereniging vir die erfenis in Heidelberg doen. “Die monument dien ook vir die gemeenskap as ‘n baken van hoop,” het Van Niekerk bygevoeg. “Ons as gemeenskap moet omsien na die Bakoond asook ander erfenisplekke in Heidelberg. “Die monumente is ons erfenis en ons moet dit koester vir die nageslag.” Na die seremonie het SAWV, Eenheid Suikerbos sertifikate van waardering oorhandig aan die Voortrekkers en verskeie media, wat ook die Heidelberg/ Nigel Heraut ingesluit het.

Article from the 29th November 2023 edition of the Heidelberg Heraut by Eugene Viljoen.

bottom of page